Else Friemelt - Solo Exhibition
5 August - 31 August 2005

Press Release

Else Friemelt is versot op rondreis. Haar reise deur ons land was die inspirasie vir haar uitstalling van etse en waterverfskilderye wat sy noem “Kaap tot Kunene”. Die uitstalling kan gesien word in die Mackiestraat Kunsgalery van die Kunsvereniging Pretoria vanaf 5 tot 31 Augustus 2005 en word deur prof Karin Skawran op Vrydag 5 Augustus 2005 om 18:00 geopen.

Fiemelt se werke is sagsinnig en gevoelvol. Hulle is nie bloot natuurbeelde nie, maar persoonlike annekdotes van die kunstenaar se visuele ervarings. Hulle vertel van haar diep liefde vir vlaktes en wydtes, vir veraf horisonne, bome en plantegroei. Anders as foto’s wat dikwels gesien en vergeet word, sal Friemelt se skilderye met hul varsheid en sagte trefkrag, nooit hul bekoring verloor nie.